14 dae gelede
Ek kom 2 min. voordat ’n eier gaar gekook is
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 42-jarige man en my meisie is 39 jaar oud.

Wanneer ons seks het, is dit nog nie eens drie minute nie, dan kom ek.

Ek gebruik bloeddrukpille. Kan dit dalk hierdie pille wees wat my so gou laat kom?

Ek sal dit waardeer as Antie vir my raad kan gee. Bekommerd

Hoë bloeddruk is een van vele chroniese siektes wat ’n stokkie voor al jou seksplannetjies kan steek.

Antie weet nie vir hoe lank jy tussen die lakens wil sweet nie, maar gewoonlik het ’n mens ná drie minute nog nie eens ’n skietgebedjie opgesê nie, wat nog te sê van lekker tonekrul-oomblikke gehad.

Dit sal beter wees as jy jou GP gaan sien sodat daar ’n woema ding voorgeskryf kan word, een wat nie tot nadeel van jou huidige mediese toestand is nie.

Moenie skaam wees om ’n dokter te gaan sien oor jou vlag net halfmas wapper nie.

Daar is baie mans deesdae wat hulle trots in hulle sak steek en uitreik vir hulp.

Dis omdat hulle bang is dat die katastrofes in die slaapkamer probleme in hulle huwelik of verhouding kan veroorsaak.

As jy ’n langpad-driver in die slaapkamer wil wees, sal jy daai trots net moet sluk.

Daar is hope produkte op die mark en almal van hulle beloof om jou enjin weer behoorlik aan die rev te kry.

Maar wat jy soek, is iets wat nie net meer blaf as byt is nie, maar ’n wesenlike verskil aan jou performance sal maak. En dit is hier waar jou GP jou sal kan guide.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters