3 maande gelede
Ek hoor heeltyd stories oor my taxidrywer-ou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS L van L en het ’n crush op ’n outjie, maar hy is ’n taxi driver. Ons het al ’n paar keer gevry en ek het gevoelens vir hom gekry.

Maar hy het ’n klomp vroumense. Antie, hy sê ek is sy enigste, maar ek hoor permy stories by ander mense oor hom.

Dan wil ek dit nie glo nie omdat ek so mal oor hom is. Ek doen alles om hom happy te maak.

Alles wat ’n vrou vir ’n man doen, sal ek doen. Maar steeds gaan hy aan soos ’n los, vuil vloerlap.

Wat moet ek maak? – L van L, WhatsApp

Hoekom alles doen wat ’n vrou vir ’n man doen, maar hierdie is nie jou man nie?

Hy is die man van almal in die taxi. Selfs daai meisies s’n wat op die plankies en kratte in die taxi sit.

Hy is onder vroumense. Jy het dit al baiemaal gehoor, maar steeds wil jy dit nie glo nie.

Wanneer wil jy dan wakker skrik? Eers as hy jou swanger gemaak het en net so los vir iemand anders?

Die liewe Heer het ons almal verstand gegee. Gebruik dit om seker te maak jy beland nie in iets wat jy eendag diep gaan berou nie.

Jy weet hierdie ou is bad news.

Wat wil jy dan nou nog hoor?


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters