14 dae gelede
Ek het ’n ding aan met ’n getroude polisieman
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS K van P en sit met ’n groot probleem.

Ek was vier jaar in ’n relationship en my boy­friend het gecheat op my.

Antie, ek is nou ’n jaar single en het onlangs ’n polisieman ontmoet.

But, Antie, die man is getroud en sy vrou werk in Johannesburg.

Hy sê vir my dat hy en sy vrou niks aan het nie. Hulle het ’n vierjarige seuntjie saam.

Ek het geen kinders nie. Ek het nou uitgevind die vrou is terug, maar die man is nog net so mal oor my, Antie.

Ek is nou baie confused en weet nie wat om te dink of te doen nie.

Ek het hom in die week gevra wat daar nou eintlik tussen my en hom is.

Hy het my nie geantwoord nie. Hy sê net hy wil aangaan met dit wat tussen ons is.

Maar ek wil nie weer seerkry nie, Antie.

Dink Antie ek moet aangaan met dit? Ek hou baie van hom. – K van P, WhatsApp

Liefie, nadat jy reeds ’n liefdes­teleurstelling gehad het, sit jy jouself nou uit vir nog een.

Met nóg ’n cheater. Dié keer ’n getroude man.

Hy kon jou nie antwoord oor wat dit is wat julle twee aan die gang het nie omdat dit eintlik heel eenvoudig is: Jy is hierdie man se skelmpie.

Eintlik was daar nog nooit probleme tussen hom en sy vrou nie.

Wat hy jou vertel het, was alles liegstories. Hy gaan ook nooit sy vrou vir jou los nie.

Besef dít so gou moontlik en kry jou uit hierdie gemors.

Wil jy dan eers wakker skrik die dag wanneer jy ’n getroude man se kind verwag?

Moenie vir iets gaan soek wat kon gebly het nie.

Hierdie man misbruik jou net.

Sy vrou is nou weer terug in die huis, maar hy soek jou steeds as sy side chick.

Wat julle twee doen, is nie reg teenoor sy arme vrou wat van g’n sout of water weet nie.

Ja, jy’s net so skuldig! Jy sien dan al klaar hoe woes die wêreld daar buite vir ons vroue is.

Moenie trane in ’n ander vrou se lewe saai nie.

Kry jou so gou moontlik uit dié prentjie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters