7 dae gelede
Ek het die hots vir my girlfriend se ma
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS D van BD en het die hots vir my meisie se ma.

Elke keer as ek haar sien, dan dink ek oor hoe dit sal wees om haar te seks.

Ek het haar verskeie kere per ongeluk in die stort gesien en selfs ’n paar keer haar boude bevoel.

En sy maak niks. Ek het haar selfs verskeie kere al plat geduik op haar bed wanneer ons alleen is en met haar gespeel.

Elke keer wanneer ek met my meisie seks, dink ek aan haar ma.

Wat moet ek doen, Antie? Moet ek my meisie se ma sê hoe ek oor haar voel? – D van BD, WhatsApp

O, Antie dink nie daar is enige iets “per ongeluk” aan die kere wat jy haar al in die stort gesien het nie.

En jou meisie se ma weet dat jy haar wil bykom. Dat jy al in haar slaapkamer met haar “gespeel” het en gereeld aan haar boud vat, behoort haar lankal van jou intentions te vertel het.

Julle speel ’n dangerous game. Julle albei.

En die een wat dit absoluut nie deserve nie, is haar dogter – jou meisie.

Kan jy imagine hoe jou meisie gaan voel as sy moet uitvind dat jy en haar ma ’n fling aan het?

Julle het nou wel nog nie saam geslaap nie, maar die dinge wat julle al gedoen het, kom daarop neer dat jy op jou meisie gecheat het.

Sy gaan teen die grond wees as sy uitvind dat die vrou met wie jy haar verneuk, haar eie ma is.

Die vrou wat haar die wêreld ingebring het en wat te alle tye aan háár kant moet wees.

En sy gaan beslis eventually uitvind. Dit is net ’n kwessie van tyd.

Antie kry dié meisie so jammer. Wat het sy gedoen om ’n boyfriend soos jy en ’n ma soos daai uit die lewe te score?

Dinge gaan nie mooi eindig nie. Dit gaan lelik raak. Jy gaan hierdie meisie ’n dwarsklap in die lewe gee wat sy absoluut nie verdien nie.

Hoekom maak jy nie maar dat jy uit hierdie girl se lewe kom nie? Wat soek jy by haar?

Jy is anyway nie lief vir jou meisie nie, want as jy was, sou jy nooit betrokke geraak het by hierdie vieslikheid nie.

Jou meisie verdien die kans om ’n regte man te ontmoet.

Gee haar die kans. Tipp-Ex asseblief jouself uit haar lewe!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters