Verlede maand
Ek en tjom is lovers ...
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS L van CW en het ’n wonderlike ou, P, ontmoet. Ons het alles met mekaar gedeel en was wonderlike vriende.

Tot een aand toe ons albei dronk geraak en die nag saam deurgebring het. Die volgende dag het ons gemaak asof niks gebeur het nie, maar dit was nie die laaste keer nie.

Dit gebeur nou gereeld.

Hy is deesdae verloof en ek het ’n girlfriend. Maak dit ons twee gay?

Ons albei geniet dit, maar praat nie daaroor nie en dit het niks aan ons vriendskap verander nie. – L van CW, WhatsApp

Friends met benefits wat albei steeds ’n dubbele lewe wil lei. Dis hoe Antie dit sien.

Vergeet eers van labels en oorweeg die twee arme, onskuldige meisies wat nie die seerkry verdien wat hulle kant toe gaan kom as die bom die dag bars nie.

Julle kan ’n gesprek hieroor nie langer vermy nie. Besluit wat julle uit hierdie lewe wil hê, want só sal dinge nie kan aangaan nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters