Verlede maand
Ek en my vrou is basies strangers vir mekaar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK MOES vyf jaar gelede trou met ’n meisie wat gesê het sy kan nie kinders kry nie, maar toe raak sy pregnant.

Omdat ek grootgemaak is met die siening dat jy jou verantwoordelikhede nakom, het ons toe getrou.

Vandag, vyf jaar later, het ons twee kinders, die seuntjie en ’n dogtertjie. Ek is baie lief vir die kinders van my.

Maar Antie, daar is net geen connection tussen my en hul ma nie.

Die seks wat ons destyds gehad het, was no strings attached, want ek en die meisie waarmee ek uitgegaan het, het toe pas opgebreek.

Die meisie wat vandag my vrou is, was conveniently daar, want ons was colleagues en het op ’n paartie aan die gesels geraak.

Een ding het tot ’n ander gelei en ons het by haar plek opgeëindig.

Ek het nie condoms by my gehad nie en sy was nie op die pil of inspuiting nie, maar sy het gesê ek moenie worry nie, sy kan nie swanger raak nie.

En hier sit ek vandag in ’n bootjie waar my vrou basically ’n stranger vir my is.

Ons praat net oor die kinders.

Sy hou niks van sport nie en op TV kan sy ook niks anders as reality-stront kyk nie. Ons kan dus nie eens saam tyd voor die TV deurbring nie.

Ek speel maar met die kinders, vat hulle vir ’n walk of hou myself met houtwerk besig.

Daar word regtig min gepraat, Antie.

Ek weet ná vyf jaar nie eens wat haar favourite musiek is nie, want sy deel niks met my nie.

Dit voel asof hierdie huwelik my versmoor.

Dit maak dinge ook nie makliker dat my eks-meisie my ’n friend request op Facebook gestuur het en ons nou aan die chat is nie.

Sy het een kind en bly saam met die outjie vir wie sy my destyds gelos het. Hierdie man is weer ’n williewerker wat net heeldag op sy stert wil lê.

Hy het ook al sy hande vir haar gelig. Ek was baie kwaad toe sy my daarvan vertel het.

Ons chat nou baie en het agtergekom daar is nog feelings vir mekaar, maar ons besef daar is kinders involved wat nie seergemaak moet word nie.

Maar my feelings vir haar word elke dag sterker, Antie. Dit voel weer soos jare gelede toe ek malverlief op haar was.

Ek raak skoons geïrriteerd as ons vir ’n dag nie met mekaar chat nie. Ek is bereid om haar met kind en al te vat.

Ons sou ontmoet, maar toe kom gooi die lockdown dinge deurmekaar. Ek het nou voorgestel as ons na level 3 beweeg, moet ons vir ons ’n hotelkamer iewers boek.

Sy het my nog nie geantwoord nie, maar ek hoop sy onthou die amazing seks wat ons destyds gehad het.

Ek voel sorry vir die kinders, regtig, maar ek dink dis tyd dat ek ook verdien om gelukkig te wees.

Dink Antie nie ook so nie? Meneer Getroud

So, die lockdown se level 3 is jou hoer-level?

Mense is bly dat hulle finally weer kan gaan werk om kos op die tafel te sit, maar jy is bly, want nou kan jy finally hoer.

Antie hoop nie jy verwag ’n klop op die skouer nie, want jy gaan lank wag.

Niemand het jou geforce om met hierdie “stranger” te trou nie. In vandag se tyd druk niemand meer ’n gun teen jou kop of jaag jou met ’n panga of ’n ding rond totdat jy met sy dogter trou nie.

En as jy dan so geforseerd gevoel het om dit te doen, hoekom dan nóg ’n kind by hierdie “stranger” staan en maak? Eintlik mos maar lê en maak, but daai is nie nou die point nie.

Punt van die saak is dat jy voor die aangesig van God gesweer het om jou lewe saam hierdie vrou te spend, of daar nou wors of net mince in die freezer is.

Jy sê sy is ’n vreemdeling vir jou, maar het jy al ooit ’n effort gemaak om haar beter te leer ken en ’n bietjie uit te vind wat haar belangstellings is?

Maar sy was nie die stranger as jy jou rug wou leegmaak nie.

As jy ’n level 3-hoer gaan raak, gaan daar nie omdraaikans wees om jou huwelik te fix nie. Weet dit net baie goed.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters