Verlede maand
Ek en my skoonsuster is nog lus vir mekaar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my skoonsuster sou al 11 jaar gelede die daad gedoen het.

Toe was ek nog nie getroud net haar suster nie, maar sy was daai tyd gewillig.

Maar nou is ek getroud en ek het haar weer gevra en sy voel steeds so.

Maar sy is geworry oor haar suster. Hoe maak ons nou? Gewillig, WhatsApp

Jislaik tog, broer.

As Antie jou profile pic so uitcheck, staan jy daar ewe skynheilig langs jou vrou wat van g’n sout of jolwater weet nie.

En dan lyk jy nog kompleet soos een van daai ooms wat op die kerkraad dien.

En dan is jou skoonsuster kamma geworry oor haar suster? Worry, my voet!

Sy is net so lus soos jy om spuls te wees. Sy is net bang jou vrou vang julle uit. En sy’s reg, want die waarheid steek altyd uit.

Wat julle aan’t konkel is, is glad nie mooi teenoor jou vrou nie. Sy verdien nie ’n man en suster soos julle nie.

Daar is geen manier hoe julle so iets kan beplan, uitvoer en daarmee sal wegkom nie.

Los maar dié gedagtes. Of is dit die moeite werd om jou huwelik in jeopardy te plaas vir skoonsus-koek?

Dink baie mooi voordat jy iets aanvang wat almal gaan berou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters