15 dae gelede
Ek en my boy bestie nou kwaaivriende
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS C van Bonteheuwel en is 20 jaar oud.

Ek het ’n boy best friend vir wie ek baie lief is.

Ek het hom gesê hoe ek oor hom voel en hy het gesê hy is ook lief vir my.

Maar hy het ’n girlfriend. Ons het gestry en nou is hy kwaad vir my en praat nie met my nie.

Hy het gesê ons vriendskap bestaan nie meer nie.

Toe ek vra of hy lief is vir my, kon hy my nie antwoord nie.

Hy ignoreer my nou. Wat moet ek maak, Antie? – C van Bonteheuwel, WhatsApp

Liefie, die oumense sê stilbly is ook ’n antwoord.

En die antwoord in sy stilte is duidelik: Hy voel nie dieselfde oor jou as wat jy oor hom voel nie.

Antie meen maar, hierdie ou het actually ’n girlfriend.

Dit bly maar swaar om te aanvaar dat iemand nie dieselfde oor jou voel as jy oor hulle nie, maar wat anders kan jy doen as om aan te beweeg?

Jy verdien iemand wat nét joune sal wees.

Nie ’n ou wat jy met ’n ander meisie moet deel nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters