17 dae gelede
Ek en getroude kollega het feelings vir mekaar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS getroud en het vyf kinders by my vrou, maar ek en ’n kollega het nou sterk gevoelens vir mekaar.

Ons verstaan mekaar, want sy sit met ’n man wat baie drink, en my vrou drink ook baie. Hoe moet ek nou maak?

Ek voel ons hoort bymekaar. Getroude Man, WhatsApp

Jislaik, het jy ná vyf kinders wraggies nog lus vir ’n ander vrou en haar issues? So, jy voel julle het iets gemeen omdat drank albei se lewe beïnvloed?

Welcome to the real world waar almal probleme het.

Die goete kry jy as jy jou bemoei met jou kollega se persoon­like probleme.

Gebruik die energy eerder om die probleme in julle onderskeie huishoudings aan te spreek.

Jou vyf kinders en jou vrou met die drankprobleem gaan nie verdwyn as jy en hierdie kollega in mekaar se arms opeindig nie.

Bespreek jou probleme met jou vrou. Werk aan die issues in jou lewe eerder as om ’n ander man se vrou af rokkel.

Julle speel met vuur.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters