13 dae gelede
Ek cheat, want vroulief is ‘oorlede’ in die kooi
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS nie happy as ek altyd lees hoe Antie mans oor hul skelmpies vasvat nie.

Vir baie van ons is dit ’n arrangement wat werk.

My vrou is dood in die bed en al lankal nie meer lus vir stout wees nie.

Ek is nog baie hups, in my early 50’s en wil nog die bedspringe laat raas.

So, moet my sex life ook nou dood wees omdat my vrou s’n oorlede is?

Nee, ek dink nie so nie. Dis hoekom ek vir my ’n skelmpie gekry het. Meat is meat en ’n man moet mos eat, sê die mense altyd.

My skelmpie is ’n weduwee wat ook maar lekker lus kry, maar alleen is.

Ons het eenkeer in ’n lyn by die winkel aan die gesels geraak en toe sommer nommers uitgeruil.

Ek wou nog ordentlik praat, maar sy het sommer gou gesê dat sy hou van spyker.

Worry

Toe reply ek dat ons mos dan ’n match made in heaven is.

Ek doen deliveries by my werk en is baie op die pad. Elke kans wat ek kry, gaan maak ek ’n draai by haar huis vir ’n vinnige steek.

Sy weet ek is getroud, maar worry nie daaroor nie. Sy weet ek sal nie skei nie, maar dit pla haar nie.

Al waarin sy belang stel, is my wors. Dis mos hoe dinge moet wees, want sy is nie die jaloerse tipe wat op my kop nag dat ek my vrou vir haar moet los nie.

My vrou weet van g’n sout of water nie, maar ek weet dit sal haar nie pla nie, want sy lewe lekker comfy.

Ek voorsien alles wat sy en die kinders nodig het.

Sy kan net nie in my lus voorsien nie, maar ek kry dit mos nou op ’n ander plek.

Dit maak sommer die mood ook lekker by die huis, want ek is nie nou meer so gestres oor alles nie.

Ek gaan my skelmpie vir niks in hierdie wêreld los nie. Sy weet net hoe om my dag te maak.

Ons doen dinge in die kooi wat my vrou nog nooit gedoen het nie.

Maak nie saak wat Antie sê nie, ek glo dat ek lekker met my gat in die botter geval het.Q van B, Whats­App

Nee, wat. Mens kan sommer sien jy is opreg en trots sleg.

Jy dink jy het met jou stert in die botter geval, maar pasop maar as daai windmakerige stert van jou in die skeihof beland.

Jy wil jouself wysmaak dat dit ’n gerieflike arrangement vir jou is, maar noem dan ook dat jou vrou nie kennis van hierdie “arrangement” dra nie.

Dus is jy besig om ’n wedu-kat in die donker te knyp. In werktyd.

Kyk net hoe gaan dinge glad nie meer so cosy wees nie as jou vrou en werk uitvind van jou skelm dinge.

Jou werk se wiele stel jou tans in staat om sleg te wees, maar as jou dinge op die lappe moet kom, gaan daai wiele ook verdwyn.

Dit baat nie jy is nie happy met jou (wettige) sekslewe maar doen niks daaraan nie.

Om oor die jintoe-tou te trap, is nie die oplossing nie.

Verbeel jy jou maar dat daar niks verkeerd is met wat jy doen nie.

Daar is definitief niks in die wêreld wat dit wat jy tans doen, kan justify nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters