8 dae gelede
Eienaars van smokkelhuis byt oumense uit
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MET vlak 3 van lockdown is gesê die bottelstoor is oop, maar net vir persoonlike gebruik.

Law Enforcement kan gerus kom kyk hoe word daar by ’n huis in Chestnut Place­ kiste, kiste bier afgelaai vir smokkel.

Die man en sy vrou sit met baie mense se Sassa-kaarte en die vrou het glad al iemand wat haar geld geskuld het, se selfoon en klere afgevat.

Niemand in daai huis werk nie en hulle leef van die oumense se Sassa-kaarte.

Is daar nie miskien ’n nommer wat ons kan bel om hierdie mense te verkla nie?

Dit is mos ’n groot sonde om die oumense so in te loop.

Elke Sassa-dag gaan trek hierdie man en sy vrou die mense se AllPay-geld.

Hulle is uitgeslape en gaan trek hierdie gelde in die nag.

As die mense soggens kom om hul Sassa-kaarte te kom haal, dan het hulle klaar die geld getrek. Bekommerde Inwoner, WhatsApp

Hierdie soort gewetenlose skuim het hul kloue ingegrawe in elke gemeenskap wat gebuk gaan onder armoede.

Mense doen alles om te survive. Hulle sal hul siel transfer na ’n Sassa-kaart en sal dan daai kaart in die pan sit vir ’n oulap of twee.

Hierdie quick fix solutions druk hulle net verder in die skuld.

Die regering het nie ’n sent op sy naam nie. Ál geld wat hy het, is die belastinggeld wat mense in die sweet van hul aangesig verdien.

Van dié swaarverdiende geld word gebruik in die vorm van staatstoelaes om diegene wat niks het nie, ’n bietjie inkomste te gee.

Veels te dikwels word die belastingbetaler se sweet vir ’n gat gevat en dis glad nie reg nie. Absoluut níks maak dit reg nie.

Kontak Sassa by 0800 997 263, of stuur ’n SMS aan hulle by 33490.

Law enforcement kan ook gebel word by 021 905 4263.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters