14 dae gelede
Druggie berk slaan sy meisie vreeslik
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS D van J. Ek is 21 en gaan al ses jaar met my kind se pa uit.

Antie, hy slaan my baie en is verskriklik jaloers. Ek mag nie eens saam met my vriende uitgaan nie. En hy verdink my daarvan dat ek rondslaap.

Hy gebruik drugs en ek kom agter hy slaap met my vriende.

Ek weet nie meer wat om te doen nie, Antie.

Hy wil my nie uitlos nie en sweer my die dood voor die oë as ek hom sou los. Gee raad, asseblief. – D van J

Hy beskuldig jou van hierdie dinge juis omdat hý die sleg ding in die verhaal is.

Liefie, hoekom laat jy jou so deur hierdie papbroek-etter timmer?

Jy’s mos nie sy persoonlike slaansak nie? Jy behoort teen dié tyd al lankal sy gat in die tronk te gesit het.

Laat hom mang vir die dinge wat hy jou aandoen.

As jy nie iets aan die saak gaan doen nie, gaan hy jou só slaan dat g’n mansmens agterna in jou sal belang stel nie.

Hy’s nie ’n mens nie. Hy is ’n ding. ’n Ding wat sy pofferhandjies vir ’n vrou lig.

’n Ding wat te veel van ’n papbroek is om sy luck met ’n ander mansmens te try.

Gaan maak ’n saak teen hom en lig die cops ook in oor sy dreigemente om jou dood te maak.

Laat hulle hom toesluit en die key tot anderkant Zimbabwe wegsmyt.

Onthou, dit was pas Vrouemaand en die regte van vroue en kinders is nie net ’n een-maand-ding nie. Dis heeljaar!

Staan ’n slag op vir jou regte. As jy dit nie vir jouself wil doen nie, doen dit ten minste vir jou kind.

Imagine wat met jou kind gaan gebeur as hy jou die dag doodslaan.

Moet dié sleg stuk ding nie veel langer met sy papbroek- gedagtes laat wegkom nie!


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters