12 dae gelede
Druggie-berk laat haar lankal nie meer smile
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 25 jaar oud en baie ongelukkig in my verhouding.

Ek en my outjie is al 10 jaar saam en ons het ’n kind saam.

Hy gebruik drugs, Antie, en hy abuse my.

Ek word daarvan beskuldig dat ek hom verneuk.

Ek weet nie wanneer laas ek gesmile het nie.

Elke keer as ons seks het, voel hy ek ruik asof ek seks met iemand anders gehad het. Maar ek kom dan van die werk af.

Ek is lief vir hom en weet nie of ek hom moet los nie.

Hy verneder my in ons straat en sê vir my lelike en afbrekende woorde.

Ek is net in my huis, maar hy voel hy sien my in karre rondry of uithang by partytjies.

Ek socialise nie en doen alles vir hom.

Ek skuif myself agteruit om dinge vir hom te doen.

Ek voel al vir selfmoord pleeg. – Moedeloos, WhatsApp

Liefie, jy het ’n kind om aan te dink, so vergeet nou maar eerder van selfmoord.

Dit is definitief nie ’n opsie nie.

’n Opsie wat jy wel het, is om hierdie sleggat-jong uit jou lewe te skop.

Daar is niks in die lewe wat jou dwing om in ’n verhouding met hierdie ding te wees nie.

Hy maak jou dan nie gelukkig nie. Wil jy dan nie eendag weer smile nie?

Wil jy dan nie ook jou lewe geniet, uitgaan met vriende en jouself ook ’n lekker tydjie gee nie?

Hierdie jong is al paranoid van al die drugs wat hy so gebruik. Sy mind is al anderkant suf en nou vang hy trokke. Hy is al ver verby die stadium van tokkies vang.

Dit is hoekom hy jou van sulke walglike dinge kan beskuldig.

Maar daar gaan ’n tyd kom dat hy nie net by beskuldigings gaan bly nie en jou leed gaan aandoen.

Moenie wag tot daardie dag aanbreek nie. Maak nou plak vas.

En as hy nie jou besluit wil aanvaar nie en jou dreig, dan gaan maak jy ’n saak teen hom en haal ’n beskermingsbevel uit.

Jy is nie sy besitting nie. Vir hom is jy anyway net iemand wat hy kan opklim. Daar is geen liefde en respek van sy kant af nie.

Jy en jou kind verdien beter en dit is tyd dat jy dit vir ’n slag besef – voordat dit heeltemal te laat is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters