15 dae gelede
Dronkgat bring net hartseer
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS getroud met die grootste liegbek en dronkgat.

In die afgelope vier jaar van ons huwelik het hy my meer hartseer as geluk gebring.

As ek hom aanspreek oor sy drinkery en liegtery, loop hy dikbek rond vir almal. Dan lyk dit asof die wêreld hom iets skuld.

Ek kan nie eens meer onthou hoeveel keer hy uit die huis getrek het nie. Net om later jammer te sê.

Dan is hy net vir drie weke rustig en bly sonder drank. Maar die vierde week word ek weer geskel dat ek die polisie moet bel.

Ek het hom al gesê ons paaie moet skei, maar hy kan nie wegbly van my af nie. Ek is nou al regtig moeg van hom, Antie.

Hy het vir niemand en niks re­spek nie. – Gatvol Vrou, Whats­App

Hy kom elke keer terug. Jy vat hom elke keer terug.

Antie dink dit is dus net fair dat jy 50% van die skuld hiervoor dan op jou vat. As jy nie meer kans sien vir hom nie en weet wat elke vierde week op jou wag, hoekom jou time and again daardeur sit?

Dis soos om jou toon elke slag teen dieselfde klip te stamp en dan elke keer ’n different outcome te verwag. Die bal is in jou court, vrou.

Net jy kan ’n einde aan jou unhappiness maak – voordat jy dit begin geniet om unhappy te wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters