2 maande gelede
Dronk man stuur stout pics aan vrou se sussie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DINGE tussen my en my man is glad nie meer lekker nie nadat ek uitgevind het hy het ’n WhatsApp-boodskap aan my suster gestuur waarin hy sê hy smaak haar.

My suster het my self van dié boodskap vertel en ook gesê dis nie die eerste keer dat my man so ’n boodskap aan haar stuur nie.

According to haar het hy in die verlede baie so gemaak en ook al vir haar ’n pic van sy penis gestuur.

My suster is nie getroud nie. Sy het op ’n tyd by ons gebly.

Ek het my man geconfront en hy het dit nie ontken nie. Hy het net gesê dat hy dronk was.

Hy ontken dat hy ’n foto van sy penis aan my suster gestuur het.

Ongelukkig het my suster die pic dadelik gedelete toe sy dit ontvang het. So, daar is nie meer bewyse hiervan nie.

Ek en my man kom glad nie meer oor die weg nie.

Lekker

Ek voel hy het my vertroue in hom gedamage.

Dis nou so erg dat ons nie eens meer in dieselfde kamer slaap nie. Ons praat net as dit moet.

Dis nie meer lekker om ná werk huis toe te gaan nie.

Veral naweke is erg, want dan is ons die hele tyd onder mekaar se voete.

Hoe maak ’n mens in só ’n situasie, Antie? – Deurmekaar, WhatsApp

Nou, hoekom sou jou suster die waarheid vertel oor die boodskappe, maar lieg oor die foto?

Antie dink ’n mens kan met redelike sekerheid assume jou man was selective met die waarheid.

Dronkenskap is glad nie ’n verskoning nie. Hy het goed geweet wat hy doen.

Hy het net nie geweet jou suster sou nie stilbly hieroor nie en sou jou hiervan vertel.

Natuurlik sal só iets strain op julle huwelik plaas.

Genade, nie net het hy sy luck by iemand anders ge­try nie, dié iemand anders is jou eie suster.

Hierdie stramheid gaan ongelukkig nou nie vanself verdwyn nie.

Iewers op ’n kol sal julle mekaar moet face om dinge uit te praat en oor die pad vorentoe te besluit. In ’n huwelik word daar nie in twee verskillende kamers geslaap en geleef nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters