18 dae gelede
Droëbek vandat sy elders soene kry
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS H van K. Ek was in die Baai om vir my suster te gaan kuier toe ek hierdie meisie ontmoet.

Ek is nou al ses maande hier. Ek het vir die meisie gesê ek hou baie van haar.

Antie, ek het baie dinge vir haar gedoen, maar ek kry nou die idee sy gebruik my net.

Vir die afgelope vyf maande kry ek nie meer drukkies en soentjies nie. Gee my raad, asseblief! – via WhatsApp

Liefie, dit is duidelik dat sy nou op ’n ander plek haar hugs and kisses kry.

Heel waarskynlik by ’n man wat haar meer dinge gee as jy.

Moenie net die idee kry dat sy jou misbruik het nie, want hierdie girl hét jou misbruik.

En die arme, verliefde drommel wat jy was, het jy hook, line en sinker vir haar streke geval.

Ongelukkig is daar meisies soos hierdie wie se aandag en affection teen ’n prys kom.

Dit is ’n duur les wat jy moes leer, want jy kan nou net imagine op watter ander dinge jy jou geld kon gespend het.

Move aan, want hierdie meisie het dit clearly klaar gedoen.

Met al die technology in vandag se tyd is liefde steeds ’n kosbare ding en nie ’n ATM waar mense kan incash nie. Nee wat, vergeet van hierdie gold digger.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters