15 dae gelede
Drinker soek hulp vir sy probleem
Antie Mona
 ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS desperaat vir hulp vir my probleem.

Ek drink verskriklik baie en wil graag verander.

Dis besig om my hele persoonlikheid te verander.

My kinders ly ook daaronder. Asseblief, Antie, is daar hulp? Desperate Pa, Whats­App

Weet jy wat, jy verdien ’n pluimpie vir die feit dat jy besef jy het ’n probleem.

Dit is die eerste belangrike stap na behandeling vir jou probleem.

Jy is ’n pa wat besef dat jou drinkery jou familie en kinders nadelig beïnvloed. En jy wil ’n plan maak.

Bel Alkoholiste Anoniem by 021 418 0908 en hoor waar AA-vergaderings die naaste aan jou plaasvind. Jy kan ook die organisasie se website, AA.org, besoek.

Gaan loer dan in en sien hoe jy hierby baat kan vind.

Antie is trots op jou. Jou hart vir jou familie klop op die regte plek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters