2 maande gelede
Drank 'n groot probleem in ou se getroude lewe
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is nou 40 jaar getroud.

Sy is die wonderlikste mens wat ek ken. As ek my lewe kon oor lewe, móét dit weer met haar wees.

Maar sy glo my nie, want ek is stout. Ek drink soos ’n vis en ek gee meer aandag aan my man cave. Ek maak reg wat gebreek is en vind nuwe toestelle uit wat haar lewe maklik maak.

Nou het ek ’n oog vir die ander geslag ontwikkel. Nie ernstig nie, want my natuur is doodgedrink.

My vraag is: Kan sy my red van my dwase pad of moet ek myself ondersoek en regruk? Ek erken ek is tevrede met myself totdat ek tot ander insigte gebring kan word, soos miskien ’n groot siekte.

Ek drink kwaai, maar slaan haar nooit. – Happy Dronkie, Whats­App

Mens, wat ’n deurmekaar brief!

Het jy, wat dinge kan breek en nuwe toestelle kan uitvind, nog nooit ’n device uitgevind wat jou minder sal laat drink nie?

Antie is seker die lesers sal net so sukkel om uit te figure wat dit is wat jy dan nou eintlik wil sê, want die Vader weet, jy het hierdie antie verloor.

Onthou net daar waar jy nou in jou man cave sit en dinge breek wat glad nie stukkend is nie: Daar gaan ’n dag kom dat jou vrou nie meer lus gaan wees vir al jou stoutgeid nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters