15 dae gelede
Dokter moet bewys sy't nie met ou geslaap
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

HOE KAN ek aan my vriendin bewys dat ek nie met haar boyfriend geslaap het nie?

Sy en haar ma sê nou ek is ’n groot n****r en dat ek al van skooldae af n**i.

Ek is baie ontsteld hieroor. Kan ’n dokter dalk sien of ek Saterdag of Sondag seks gehad het? Ontsteld

As jy onbeskermde seks gehad het, bly sperm tot vyf dae in die liggaam.

Dus, hoe gouer jy by ’n dokter uitkom, hoe beter.

Maar hoekom jouself deur al dié onnodige drama sit? Jy weet mos jy het nie die dinge gedoen waarvan jy beskuldig word nie.

So, as jy regtig hulle lippe wil zip, is dit dalk beter om ’n saak van laster teen hulle te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters