19 dae gelede
Dogter dump kind en verdwyn net
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

WAT staan my te doen met my tweede oudste meisiekind wat so onverantwoordelik is?

Sy skeep van tyd tot tyd haar kind baie af, sommer vir ag dae agter mekaar.

Sy los dan die kind by ons en verdwyn net.

Die welsyn kan my nie help nie en die polisie wil nie meer ’n saak vir ’n vermiste persoon oopmaak nie.

Hoe nou gemaak? – Bekommerde Ouma, Whats­App

Vrou, daar is geen manier hoe die betrokke welsynwerkers eenvoudig net uit die water kan staan nie. Hulle het ’n duty om die belange van die kind te beskerm.

En as hulle nie hierdie duty van hulle nakom nie, moet hulle tot verantwoording geroep word.

Gaan sien die persoon wat aan die hoof van hierdie maatskaplike werkers staan en verduidelik jou storie aan hulle.

Dit sal baie help as jy die wettige voog van jou kleinkind kan word.

So sal die kind in julle sorg geplaas word en enige Sassa grant wat jou dogter vir die kind kry en heel waarskynlik die rede vir haar verdwynings is, sal dan direk aan julle betaal word.

Dan kry jou kleinkind mos die geld wat haar wettig toekom.

Weet jy, ’n mens kan eintlik nie die polisie blameer vir hulle traagheid om ’n docket vir ’n vermiste persoon te open elke keer as jou kind die pad vat nie.

Dit vat ook mos maar kosbare tyd weg van hulle waar hulle aan ander klagte kon werk.

Jou dogter het duidelik geen verantwoordelikheidsin nie en is meer daarop uit om haarself ’n goeie tyd te gee.

Kry die kind uit haar sorg, want sy is nie die naam “ma” werd nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters