4 maande gelede
Dinge versuur ná familie intrek
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my meisie is al 15 jaar saam en is verloof. Ons het ’n 13-jarige dogter en ’n seun (3). Ons was vantevore uitmekaar, maar dit was net twee weke.

Noudat haar suster en boy­friend met hulle twee kinders kom intrek het, is ons uitmekaar, want ek en haar susterskind kom nie oor die weg nie.

Hy het ’n houding teenoor my verloofde en ek wil nie hê my kinders moet eendag so uitdraai nie. My verloofde word beïnvloed deur haar suster, wat een aand die polisie vir my gebel het omdat ek gevoel het hulle moet gaan.

Ek soek raad, asseblief. – Moedelose Boyfriend, WhatsApp

Hoekom kyk jy as toekomstige hubby nie uit vir ander blyplek vir julle nie?

Bloed is dikker as water. Dit is moeilik vir jou aanstaande om haar suster die deur te wys. Maar as julle trou en ’n plekkie van jou eie kry, behoort julle probleme iets van die verlede te wees.

Werk solank daaraan eerder as om pal oor ander te stry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters