11 dae gelede
Depressed oor rondlopery kop uitsteek ná jare saam
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 20 jaar oud en gaan met ’n Etiopiër uit.

Ons is al drie jaar saam. Die afgelope paar maande slaap hy rond – selfs met my vriende.

Ons het oor begin nadat hy belowe het so iets sal nooit weer gebeur nie.

Ek trust hom nie en kry myself nie sover om hom te vergewe nie.

Ek is lief vir hom, maar haat hom terselfdertyd.

Ek het depression as gevolg van die dinge wat hy doen. Wat moet ek doen? – CK van V

Hierdie jong dink so min van jou dat hy glad met van jou vriende geslaap het.

Wat vir ’n boyfriend doen sulke dinge? En jy maak jouself siek oor hom?

Net jy kan besluit of jy nog kans sien vir hom.

Jy moet jou afvra of jy op jou jonge ouderdom al met sulke mannedrama wil sit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters