7 dae gelede
Daghospitaal manager ignore pasiënt
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS desperaat vir hulp. Ek is ’n bejaarde vrou wat gereeld na ’n daghospitaal op die Kaapse Vlakte gaan.

Die manier hoe daardie personeel met pasiënte werk, is glad nie mooi nie. Om nie eens van daardie plek se toilette te praat nie!

Ek het foto’s van hoe dit daar lyk. Ek mean maar, oumense moet van daardie geriewe gebruik maak!

Ek en ’n ander vrou wou met die bestuurder hieroor praat, maar hy het net aangeloop. Wat staan my te doen? – Bekommerde Pasiënt, WhatsApp

Jy en enige ander pasiënt wat van ons gesondheidsfasiliteite gebruik maak, het die reg op professionele diens waar jy met dignity behandel word.

Antie is glad nie impressed om te hoor dat daardie bestuurder julle basies soos ’n stopstraat in Philippi geïgnoreer het nie.

That’s not on. Moet egter nie dinge so los nie, want veels te dikwels is mense te bang om te kla uit vrees dat hulle gespite gaan word met broodnodige healthcare.

Jy kan ’n “Please Call Me” stuur aan die Wes-Kaapse Gesondheidsdienste by 079 769 1207 of ’n klag indien deur 0860 142 142 te bel.

Alle sterkte! Antie hoop daai plek word sommer gou reggeruk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters