18 dae gelede
'Curse op familie' laat als skeefloop
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET nie waar om te begin nie.

My lewe is besig om uitmekaar te val.

Ek het my pa, sy suster, sy broer en my oupa in een jaar verloor. Hulle het selfmoord gepleeg.

Ek het toe getrou met my man, wat ek gedog het ’n prince charm­ing is.

Min het ek geweet hy cheat op my. Ons was 20 jaar getroud en ek het hom op die hande gedra.

Ek het 25 jaar in ’n fabriek gewerk. Hy werk nog, maar weier om my te onderhou.

Twee van ons kinders is nog op skool, maar hy weier om hulle skoolgeld te betaal.

Hy kom nie eens visit of bel om te hoor hoe dit met die kinders gaan nie.

Antie, ons familie se dood het ons geruk en ons probeer nou nog om daarmee te cope.

Niks wil vir ons regloop nie. Ek gooi my CV’s in by plekke, maar niemand kom terug na my toe nie.

Dit voel asof iemand ’n curse op my en my familie se lewe geplaas het.

Ek vra niks nie. Ek vra net dat iemand vir my moet bid sodat God ’n way vir my kan maak.Moedelose Vrou, WhatsApp

Antie wil nie assumptions maak nie, maar dit klink of julle nou al ’n paar jaar geskei is.

Wat julle egskeiding settlement was, weet ek ook nie, want jy wei nie daaroor uit nie.

Maar wat ek wel weet, is dat julle steeds minderjarige skoolgaande kinders het. En hy het ’n responsibility teenoor hulle.

Gaan na jou naaste hof se maintenance-afdeling en sit die papgeld-wiel aan die rol.

As hy uit sy eie te sleg is om sy kinders te onderhou, sal die wet hom verplig om dit te doen.

Om deesdae werk in die land te kry, is omtrent ’n mission.

Maar troos jou daaraan dat werk darem nog nie so skaars soos hoendertande is nie.

Aanhouer wen. Dit kan dalk nie nou so lyk nie, maar jou break­through lê om die draai.

Maklik is dit beslis nie vir julle nie – met al die tragedies wat jou as familie so ry.

Vashou en vasbyt. Dit kan nie altyd net sleg met ’n mens gaan nie.

Begin positiewe dinge jou kant toe werk en begin met daai sleggat-eks van jou wat supposed is om sy kinders te onderhou.

Die geld wat hierdie kinders toekom, gaan dinge beslis ’n bietjie makliker maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters