12 dae gelede
Chats met ander vrou maak haar agterdogtig
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK GAAN uit met ’n man wat al getroud was.

Hy is ouer as ek. Ons gaan al drie jaar uit, maar ek weet nog niks van sy mense nie.

Een oggend het iets my net gesê ek moet op sy phone kyk. Ek kom toe af op chats tussen hom en ’n vrou.

Die chats laat my dink hulle het iets aan die gang, want hy sê ook een boodskap hy dink aan haar.

Ek het agtergekom hy chat nie met mense as ek in die omtes is nie. Ek het hom gevra of hy en hierdie vroumens ’n ding aanhet, maar hy sê hulle is net vriende.

Ek weet nie meer wat om te dink nie. Ek is eerlikwaar baie lief vir hom, maar wat kan ek maak?– Verlore Meisie, WhatsApp

Nou, hoekom so geheimsinnig oor vriendskap wees? Daar is nie iets soos 007 in friendship nie.

Hoekom chat hierdie ou dan nie met die sogenaamde vriendin as jy in die nabyheid is nie? Die man is nie honest met jou nie.

As hy ernstig was oor julle verhouding, sou hy nie so agterbaks gewees het nie. En hy sou jou lankal aan sy mense gaan voorstel het.

Daarvan gepraat: Wat is sy verskoning hoekom hy jou al drie jaar lank weg van sy familie hou?

Is hy ooit geskei? Liefie, dis tyd dat jy antwoorde kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters