Verlede maand
Buurvrou lag haar uit as sy hart oopmaak
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS verlief op iemand wat langs my bly.

Sy is ’n lesbian, maar ons twee het al voorheen uitgegaan. By my gee sy voor dat sy ’n lesbian is, maar sy gaan met outjies ook uit.

Ons was al in ’n verhouding, maar toe werk dinge nie uit nie.

Maar ek voel ernstig oor haar en is crazy oor haar.

As ek met haar oor my feelings praat, dan lag sy net.

Ek is verskriklik baie lief vir haar. Verlief

Liefie, daar behoort ’n baie eenvoudige verduideliking vir haar seksuele voorkeur te wees: Dis haar besluit en haar besigheid. Dis iets wat jy moet respekteer.

Omdat julle in die verlede ’n ding aan gehad het, beteken dit nie jy staan steeds ’n kans by haar nie.

Sy lag as jy haar oor jou feelings vir haar vertel, want sy weet nie hoe om die situasie te hanteer nie.

Dit is duidelik dat sy nie dieselfde oor jou voel nie en uncomfy raak as jy die saak aanroer.

Dit is nie lekker om te besef dat iemand nie dieselfde oor jou voel soos jy oor haar nie, maar jy moet haar gevoelens respekteer.

En so moeilik soos dit is, is dit beter vir almal van julle as jy aan­beweeg en eerder iemand kry wat ook feelings vir jou het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters