2 maande gelede
Bure se gebedel raak darem nou net te erg
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS nou al so op vir my neighbours wat net wil leen, leen, leen.

As dit nie suiker is nie, is dit brood.

Dan is dit sommer elke nou en dan R20 vir kraggeld. Hoeveel krag kan ’n mens anyway met ’n R20 koop?

Antie, ek het hulle in die verlede jammer gekry, especially die klein kindertjies.

Maar dit lyk dan nou of hierdie mense advantage van my vat.

Die man werk nou en dan. Dit lyk of dit die vrou se werk is om by die huis te sit en kinders te kry.

Hulle kry AllPay vir die kinders, maar dit lyk of die geld net smokkie toe gaan. Deur die maand is die man en vrou asvaal en verleë.

Maar sodra hulle AllPay gekry het, is hulle kite-gat en skaars.

Dan, wanneer die geld eers weer op is, kom klop hulle maar weer aan my deur.

Ek kry die kinders jammer, maar ek kan mos nie ’n ATM wees vir hulle nie. Gatvol, WhatsApp

Nee kyk, in 2019 kan ’n mens nie meer tyd hê vir deurtrekkers soos hierdie nie.

Hierdie mense buit jou goedheid uit. Hulle weet dat jy die kinders jammer kry en gebruik dit nou tot hulle benefit.

Wat jy eintlik moet doen, is om die situasie onder julle social work­er se aandag te bring.

Daardie toelae moet vir die behoeftes van die kinders aangewend word. Dis nie vir ouers om jollifica­tion te hou nie.

Daardie geld is die sweet van hardwerkende belastingbetalers wat hulle oor ’n mik werk. Dan kry jy mense soos jou bure wat ander se sweet deur hulle naat trek.

Moet hulle nie verder so laat lekker kry nie. Pleks van ’n baby-making machine wees, kan daardie mammie ’n slag haar stert lig en vir haar ’n werk gaan soek.

Hulle doen hulle kinders ’n verskriklike onreg aan en Antie wíl hê jy moet ’n social worker hiervan vertel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters