Verlede maand
Brandpyn doer onder ná seks met taxi-ou
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS A en is nou vyf jaar in ’n verhouding met iemand wat in die taxibedryf is.

Hy bly by my. Die laaste tyd as ons liefde maak, brand ek vreeslik baie onder.

Ons is albei in ons 50’s. Antie, hy het nou ’n maand gelede vir my gesê sy gestel is af en ons het toe ’n maand lank nie seks gehad nie.

Toe ons ’n maand later weer seks het, toe brand ek weer verskriklik.

Wat dink Antie kan fout wees? A, WhatsApp

“Gestel af” se voet! Antie vermoed dat hy een of ander STI onder lede het en ’n maand wou wag in die hoop dat dit verdwyn.

Maar clearly het dit nie, want jy brand dan steeds soos iemand wie se vagina onder duiwels is en dit toe vol holy water gegooi word.

Hierdie is ’n ernstige saak. Dit sal Antie nie verbaas as hierdie man jou aangesteek het nie.

As ons nou regtig optimisties try wees, kan ons hoop dat dit net een of ander vagi­nale infeksie is wat dalk opgedoen is toe jy ’n vreemde toilet besoek het.

Maar sy verskoning dat sy gestel af is, laat Antie lont ruik.

Maak asseblief dat jy so gou moontlik by ’n dokter kom. Voordat dit te laat is.

Die uitslag van die toetse wat gedoen gaan word, gaan jou ook finaal sê of hierdie man meer as net taxi’s ry.

Moet asseblief nie die doktersbesoek veel langer uitstel nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters