8 dae gelede
Boyfriend vertrou haar net mooi niks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY NAAM is P en ek gaan vyf jaar met I uit. Hy sê hy vertrou my net as ek voor hom staan.

Ek het hom al gevra hoekom hy my dan nie los nie.

Maar hy sê hy gun my vir niemand anders nie en sal my eerder doodmaak as om my met ’n ander man te sien. P, WhatsApp

Wanneer mans sulke uitlatings maak, raak Antie diep, diep bang. Sulke dreigemente kan eenvoudig nie ligtelik opgeneem word nie.

Hierdie man het issues wat bokse en bokse tissues makeer.

Maar pleks van vir jou werk gaan soek by ’n Twinsaver-fabriek om hom met hierdie issues te help, moet jy so gou moontlik van hom wegkom.

As hy jou dan steeds wil dreig, moet jy sorg dat die gereg met sy gal werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters