22 dae gelede
Boyfriend van 4 jaar voel net soos 'n las
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my kêrel gaan al vier jaar uit, maar dikwels voel dit asof hy net vir my ’n groot las is.

Ek voel bedruk in ons verhouding. Ons is baie openlik met mekaar en praat gereeld oor ons gevoelens.

Ons werk elke keer aan ons probleme, maar dinge voel net nie meer soos voorheen nie.

Ek het ons verhouding onlangs beëindig en hy verwerk dinge maar baie swaar. Nes ek.

Ek weet nie of dit ’n fout was nie. – Deurmekaar, WhatsApp

Dis duidelik dat jy second thoughts oor jou besluit het. Dalk het julle probleme daarmee te make gehad dat julle mekaar nie genoeg space gegee het nie. Geen mens is veronderstel om bedruk in ’n verhouding te voel nie.

Die universe verlang van geen couple om 24/7 in mekaar se geselskap deur te bring nie. Kry jou kop skoon.

Die arme outjie is confused, want hy weet dan nie wat hy verkeerd gedoen het nie.

Jy sal egter gou moet besluit wat jy wil hê, voordat hy dalk oor sy bedruktheid kom en aanbeweeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters