20 dae gelede
Boyfriend chat te veel met sy treintjommie
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS 48 en my boy­friend is 34 jaar oud.

Ons is vyf jaar saam, maar hy gee elke keer sy nommer vir ander vroumense. Dan skel ons elke keer hieroor. Een van hierdie vroue bly in ons omgewing en ry trein.

Hy vat dan haar nommer omdat sy bang voel om alleen te travel.

Ek kom dan agter hulle chat deur die dag met mekaar.

As ek hom vra waaroor chat hulle, sê hy hulle chat oor die trein en sy tye.

Ek kom ook agter hulle is dieselfde tye online op WhatsApp, maar dan sê hy hulle het nie met mekaar gechat nie. Maar dan het hy ook nie met ander mense gechat nie.

Sy was al by my huis om my te sê dat daar niks tussen hulle aan die gang is nie.

Ek het haar nommer van sy phone afgehaal en sy sê sy het hom ook geblok, maar sy het nog altyd sy nommer op haar foon.

Ek stres elke dag hieroor, veral as hy laat werk.

Ek kan dan nie anders as om te worry dat hy laat werk om met haar te kan chat nie. – Bekommerde Girlfriend, WhatsApp

Vrou, nou wat vat jy jouself dan so vir ’n WhatsApp-pop?

Jy maak dan nou of jy vir die online polisie werk deur elke liewe dag te wil kyk wanneer jou ou en hierdie ander vrou online is.

As jou ou wil cheat, gaan hy. Daar is nie ’n manier hoe jy hom 24/7 kan oppas nie.

Maar daar is ook ’n groot possibility dat hulle twee net goeie trein buddies is.

Om deesdae per trein te travel, is ’n nagmerrie. Die way hoe treine sommer net delay of gekanselleer kan word, is beslis nie goeie nuus vir enige vrou nie.

So, dit is seker maar te verstane as sy met ’n man kan travel wat sy kan vertrou.

Waak daarteen dat jou insecurity jou nie jou verhouding kos nie.

G’n man hou daarvan om konstant onder sy vrou of meisie se surveillance te wees nie.

As jy dié man nie kan vertrou nie, moet jy dit dalk consider of dit enigsins werd is om nog in die verhouding te wees en elke liewe dag van jou lewe op hol te gaan met jou eie gedagtes.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters