Verlede maand
Bestie flirt met haar ou en hy laiks dit erg
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DIT lyk asof my bestie my man wil afvry.

Ons twee doen alles saam, maar deesdae is dit doodstil­ tussen ons twee as ons saam is.

Maar as my ou by is, dan kan sy nie genoeg van hom kry nie.

Sy staan dan voor hom en lig haar rok op.

Of sy staan met haar stêre na hom toe.

My ou sê hy laiks dit en geniet dit as sy dit doen.

Maar wat van my? Hoe moet ek hieroor voel?

Hy moet maar gaan.

Ek gaan liewer maar weer met my toy speel, want ek het nie tyd vir ’n slegte mansmens nie. – Hartseer Girlfriend, WhatsApp

Nee, genugtig, vrou. Met ’n boy­friend en ’n vriendin soos daai gaan Antie liewers alleen oorlog toe.

Dis duidelik dat nie een van hulle jou respekteer en jou gevoelens in ag neem nie.

Daai twee is diep lus vir mekaar en steek dit nie eens weg nie.

Hou maar dan by daai rol van jou in Toy Story ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters