2 maande gelede
Berks stel net in haar boobs belang
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET groot borste en wil dit baie graag laat kleiner maak.

Ek het nie die baie geld om dit te laat doen nie.

Die plaaslike dokter het my borste gevoel en gelig. Hy het net gesê my borste is baie swaar en dat so ’n operasie baie geld kos.

Hy het my nommer neergeskryf, maar ek het nie weer van hom gehoor nie.

My borste hang baie laag. Ek sweet gedurig aan die onderkant.

Ek het ’n stink sweetreuk onder my borste en soms voel hulle seer omdat hulle so swaar is.

Ek is 49 en steeds ongetroud. Al my boyfriends sien net my groot borste raak.

Dis regtig my droom om my borste kleiner te sien. – via WhatsApp

Die koste van mammoplastiek, of borsverkleining (soos dit in die algemeen bekend staan), is al in die omtes van R15 000. Die departement van gesondheid charge ongeveer R14 500 vir so ’n prosedure – sowat 40% minder as wat jy by ’n privaat instelling moet opdok.

Dan moet die volgende nog bygereken word: die chirurg se fee, die koste van die nar­kose, die hospitaalfooi, uit­gawes ná die operasie (soos medisyne) en ja, selfs die aankoop van nuwe bra’s vir jou nuwe bra size.

Dit kan dus ’n nie-so-’n-klein-nie fortuintjie beloop.

Rondom R37 000, sê die mense wat weet.

Die nasio­nale departement van gesondheid doen sulke operasies net teen ’n minimale koste as ’n mens aan sekere kliniese kriteria voldoen.

Hierdie tipe operasies word oor die algemeen as kosmeties beskou.

In sommige gevalle kan dit gedoen word weens gesondheidsredes en -risiko’s.

Dit lyk nie of sulke prosedures verniet gedoen word nie. Antie stel voor jy begin spaar. Wanneer jy die geld het, kan jy kyk vir ’n staatsinstelling naby jou wat sulke operasies doen. Alle sterkte!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters