3 maande gelede
Berk se siekte stres meisie uit
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

VANDAG lê ek in my bed en is baie geworry en gestres oor my kêrel.

Gister het hy uitgevind hy is baie siek. Nou nie soos Aids of so nie.

Siek soos iets wat hom kan wegneem van my en ons baba af. Hy het geelsug.

Ons is nou al nege maande saam en dis nou ’n baie anderste ervaring vir my.

Ek is baie lief vir hom en hy vir my.

Ons het gesê niks sal ons van mekaar skei nie. Nie mense en hulle stories nie. Ook nie siekte nie.

Ons het selfs gesê ons gaan saam oud word, maar nou lê en dink ek: Wat as dié ding ons skei?

Wat doen ’n mens met so iets? Hoe face mens dié ding?

Ek probeer sterk wees vir sy part. Ek probeer om weg te steek ek is gestres, maar hy het my gesê hy is oukei en ons hemelse Vader is saam met ons.

Hy sê ons moet eintlik dankbaar wees dat ons nou al weet wat skort. Bekommerde Girlfriend, Whats­App

Hepatitis maak dat jou siek lewer nie die bilirubien in die liggaam kan hanteer nie en dan kry jy ’n geel vel. So ook die wit van jou oë.

Mense kan egter ook geel word van lewerversaking, alkohol­sirrose en verstopte galbuisies.

Hierdie ding pla jou verskriklik baie. Antie besef dit alte goed as ek sien hoe vroeg in die oggend jy my gewhatsapp het.

Hierdie is ’n gebedsaak en ’n saak van vertroue, meisa. Wat nie moet gebeur nie, sal nie gebeur nie.

Vandag se dokters verrig elke dag miracles. Wees daar vir hom.

Sy positiewe geaardheid – en as hy sy kant bring met die behandeling – sal in julle guns werk. So glo Antie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters