13 dae gelede
Berk se geheim oor ander kid nou uit
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my ou is vier jaar saam. Maar dit het nou uitgekom dat my ou elders ’n kind gemaak het.

Hy kan my nie sê wanneer dit gebeur het nie en raak kwaad as ek hom daaroor uitvra.

Hoe maak ek in hierdie geval, Antie?M van George, WhatsApp

Haai, ly hy dan nou conveniently aan geheueverlies?

Antie mean maar, hy kan mos nou nie wil voorgee hy kan nie onthou wanneer hy ’n babatjie gemaak het nie.

Dit is nie nou tyd vir kwaadrakens nie. Hy moet oop kaarte met jou speel en sy responsibilities teenoor hierdie kind nakom.

Wat nogal vir Antie baie opvallend is, is dat jy nie so kwaad klink nie.

Is jy meer bekommerd oor wanneer dit gebeur het as dat hy jou nie net gruwelik verneuk het nie, maar in die proses ook ’n kind verwek het?


Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters