8 maande gelede
Ben10 doen dit vir haar
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek sien nou iemand wat nog op skool is en ek werk al.

Hy is 2 jaar jonger as ek en ek het al ’n kind.

Maar my kind se pa is oorlede en ek voel dis reg om weer liefde te vind, selfs al is hy twee jaar jonger as ek.

Hy doen die ding nes ek dit wil hê. Ja, ek gaan nie agter die seks aan nie, maar ek kan dit mos nie verhelp nie.

Dink Antie omdat hy nog op skool is en ek werk al en het ’n kind, dat ek hom maar moet laat gaan?via WhatsApp

Jy sê ongelukkig nie of hierdie klong darem al amper klaar met skool is nie.

Weet jy, as die seks later afgewater raak, wil ’n mens ten minste by iemand wees met wie jy oor enigiets kan praat.

En waarmee kan jy met iemand praat wat nog op skool is? Tuiswerk? Oor wat hy skoolpouses maak?

Jy alleen kan besluit of dit vir jou werk of nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters