Verlede maand
Bedsake maar flou vir desperate vrou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN het ’n probleem in die bed en ek voel ek moet raad vra, want dit kom nou al te lank aan.

Ek geniet dit nie. Wat kan Antie vir my voorstel? Is daar nie iets wat ’n mens kan kry nie?

Al is dit ook by die adult shop. Asseblief, ek is desperaat. – Desperate Vrou, WhatsApp

Oortuig jou man om eers sy GP te gaan spreek sodat julle kan vasstel of daar dalk ’n mediese oorsaak is vir die saak.

Hierna kan die dokter dan een of ander woema-pil voorstel wat hopelik weer die vonk in julle intieme lewe sal bring.

Hopelik is jou hubby nie te onbuigbaar nie en stem in om dinge in die bed te verbeter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters