21 dae gelede
Baby daddy speel invisible game
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET hierdie ou twee jaar lank gedate en toe raak ek pregnant van hom.

Aan die begin van my pregnan­cy was hy baie supportive en het my baie bygestaan. Maar hoe nader my due date geraak het, hoe skaarser het hy begin raak.

Toe ek in labour gaan, was hy nêrens te sien nie en het ons nie eens in die hospitaal kom visit nie.

Ek was al ’n maand by die huis, toe kom hy eendag daar aan met ’n klein pakkie nappies.

Ek whatsapp hom om te vra waarom hy so skaars is, maar hy antwoord my nie.

Ek stuur vir hom boodskappe oor goed wat die baby nodig het, maar hy lees dit net en reply nie.

Ek is so moedeloos, Antie, en baie skaam omdat ek op my ouers se nek moet lê. – Alleen Ma, WhatsApp

Hy kan maar verniet die invisible game probeer speel.

Hy het responsibilities teenoor julle kind wat hy moet nakom.

As hy nie aan jou wil antwoord nie, moet hy dit aan die hof gaan doen.

Gaan gee hom so gou moontlik vir mainte­nance aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters