2 maande gelede
Baby daddy bly getik, bring nie ’n sent in
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my kind se pa is al vier en ’n half jaar saam.

Ons het twee kinders (drie en een jaar oud).

Antie, my outjie, D, is al die hele jaar by die huis sonder werk.

Hy het einde verlede jaar sy werk verloor nadat hy afgedank is oor diefstal. Hy sê dit was nie hy nie en hy is onskuldig. Maar ek weet nie of ek hom moet glo nie.

Die afgelope jaar het hy baie vir my gelieg. Hy doen los werkies, maar ek sien nie ’n sent van die geld wat hy pay nie.

As ek hom vra waar sy pay is, bly hy sê dat die mense hom short gepay het. Maar hy bly getik.

Ek is mooi gatvol, want ék moet vir alles sorg. Hy is nie ’n pa vir sy kinders nie en as ek hom vra om agter hulle te kyk omdat ek moet gaan werk, dan vra hy sy niggie om na hulle te kyk.

Huil

Dan gaan skarrel hy vir drug-geld. Ek het hom al gesê dinge kan nie meer so aangaan nie.

Hy bly belowe hy gaan verander, maar dinge bly dieselfde. Hier is Easter nou pas verby en ek sal seker weer dié jaar alleen vir my kinders moet sorg. Ek is moeg, Antie.

Ek kan nie meer nie. Elke keer as ek sê ek gaan hom los, huil hy dat die trane loop.

Dit voel asof ek besig is om my alleen dood te werk. Gee raad, asseblief. – Moedeloos, WhatsApp

Dit klink nie vir Antie asof hierdie sad sack van jou wil help om julle geldsake te verbeter nie.

Anders sou hy nie elke liewe sent wat hy verdien, uitgedrug het nie.

Dit is ook duidelik dat hy nie juis worry oor jou en die kids nie.

As hy ernstig was om ’n bydrae te maak, sou hy nie allow het dat jy jou alleen oor ’n mik werk nie.

Nee, sy trane is oor hy bang is hy gaan sy lekker lewe kwyt wees.

Dis cosy om net te werk vir sy drug habit terwyl jy jou moet afsloof.

Weet jy wat? Jy hoef jou nie so te laat misbruik nie. Jy is nie sy persoonlike Holiday Inn nie.

As hy nie sy kant kan bring nie, moet jy hom pos en klaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters