6 dae gelede
Antie het snuf in neus oor hubby se opspicery
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET lank gewik en weeg of ek Antie moet kontak.

’n Mens wil mos nie aldag hê almal moet van jou probleme weet nie. Maar ek weet nie meer watter kant toe nie.

Antie, my man kom deesdae met die snaaksste van goed op.

Ek weet hulle sê spice is goed vir die huwelik, maar die dinge wat hy in die bed wil doen, is net plein disgusting.

Eers was dit hierdie suigery-goeters waarvan ek nie baie hou nie.

Ek het dit maar gedoen, want volgens hom doen sy vriende se vroue dit vir hul mans, so wat is verkeerd met my?

Daai was sy vraag aan my: Wat is verkeerd met jou?”

Eeuw, ek raak sommer van voor af naar as ek net daaraan dink.

Om die vrede te bewaar, het ek nou dit al ’n paar keer gedoen.

Ek sê nie ander vroue wat dit doen, is jintoes nie, maar dit voel vir my hierdie blow job-ding is iets vir straatmeide.

Met dié dat ons in lockdown is en my man tans nie werk nie, lyk dit vir my hy is nou erger.

Hy boer op sy foon. Ek het al gaan kyk wanneer hy tiep. Dit is die een porn site ná die ander waarna hy op sy foon kyk.

So drie weke gelede kom hy met die voorstel dat ons ’n bietjie stout flieks kyk. Om ons sekslewe op te spice. Alweer.

Antie, ek het maar weer ingestem, want my man is die onplesierigheid self in die huis as hy nie sy sin kry nie.

Dit het egter nie net by die kyk van hierdie stinkerige movies gebly nie.

O nee, hy het ook voorgestel dat ons al daai vieslike goed probeer wat die mense in die movie doen.

Ek het gesê ek gaan daaroor dink, maar Antie toe hy daai voorstel maak, het my lyf yskoud geword. Ek is nie die tipe mens wat sulke goed sal doen nie. ’n Kloosterkoekie is ek beslis nie, maar ek mean maar, ’n vrou het mos haar perke.

My man suip alte lekker noudat hy weer drank kan koop en hy hou nou dik oor of ek al vir hom ’n antwoord het. Ek weet nie wat om te maak nie. Dit voel of ek in ’n hoek vasgekeer is en ek weet nie hoe om daar uit te kom nie.

Ons is al 13 jaar getroud. Ons het nie kinders nie.

Ek was by ’n hele paar gynaes en hulle almal sê daar skort niks by my nie. My man weier eenvoudig om vir ’n doktersondersoek te gaan.

Hy praat net pal van sekslewe op­spice.

Ek weet nie wat om te doen nie, Antie. Ek voel net as ek hiertoe ook instem, gaan daar die volgende keer ’n ander, sieker voorstel van hom af kom.

Het Antie dalk raad vir my? Ek slaap nie saans lekker nie.

Die een of ander tyd sal ek hom ’n antwoord moet gee, maar ek weet nie hoe om vir hom te sê die goed wat hy voorstel, walg my nie. – T van R, e-pos

Vrou, as jou man so spice soek, kan hy gerus by ’n spesery-winkel ’n draai gaan maak.

In Lansdowne en Soutrivier is daar hoeka so ’n paar lekker spice-winkels.

Om nie eens te praat van die een spesifieke shop in die Bo-Kaap nie.

Oe, Antie wil nie nou staan en afdwaal deur sommer aan ’n lekker pot kerrie te dink nie.

Die punt wat Antie wil maak en wil onderstreep, is dat niemand jou kan force om iets teen jou sin te doen nie.

Nie eens jou eie man nie. Wedersydse respek is een van die hoek­stene van enige huwelik.

Sonder dit, gaan jy jou in ’n situasie soos hierdie bevind.

Jou man respekteer jou nie. Jy word geboelie om deel te neem aan dinge waarmee jy nie enigsins gemaklik is nie.

En dis hier waar jy jou grounds moet staan en sê tot hier toe en nie verder nie.

Seks is nie ’n eenmens-tango waar jy net by die ander een se moves moet inval nie.

Jy het die reg om jou mond oop te maak en vir jou man te sê dat jy nie gemaklik is met een van sy voorstelle nie.

As dit kom by die opspice van jul sekslewe, het jy ’n equal sê.

Antie vermoed dat insecurities oor sy manlikheid en ability om ’n babatjie te maak, agter al hierdie idees van hom sit.

Antie dink as daar nie ’n plan gemaak gaan word om al hierdie onsekerhede uit te sorteer nie, gaan daar sommer nog baie troubles in hierdie huwelik kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters