20 dae gelede
Al boul berk hóé mooi, sy bly keer vir wickets
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

HET die regering nie ’n plan met Covid-19 nie?

Ek kan nie nou al sterf nie. Ek het dan nog so ’n klompie planne met die lewe. – Wil Leef, WhatsApp

My mens, wanneer die dood aan ons deur klop, is niemand van ons voorbereid nie.

Ons weet almal van ons gaan eendag sterf, maar baie van ons hoop innerlik dat hierdie “eendag” nie so naby is nie.

Ongelukkig kan nie een van ons sê wanneer ons die langste lange gaan gooi nie. Die plek en oomblik is nie aan ons bekend nie.

Covid-19 word veroorsaak deur ’n virus wat oor die wêreld heen vrees en paniek saai.

Daar is nog geen cure daarvoor nie. Die plan van regerings wêreldwyd is om sy inwoners sover te kry om social distance te handhaaf en behoorlike sanitasie toe te pas deur hulle hande gereeld met water en seep te reinig.

Vir nou kan ons net gehoorsaam wees en hoop en vertrou dat die kenners weet wat hulle doen en ons deur hierdie moeilike tyd kan guide.

Liewe Antie Mona

EK IS S van M. Ek weet my meisie verneuk my nie, maar wanneer ek seks vra, weier sy.

Wanneer ek met haar wil vry, weier sy ook. Wanneer ek vir haar op WhatsApp boodskappe stuur, antwoord sy ook nie.

Wat moet ek in só ’n geval maak? Sy wil ook nie saam met my uitgaan of enige iets anders saam met my doen nie. – via WhatsApp

Jong, is jy seker dié girly is wel jou meisie? Vir Antie klink dit of dié meisie als in haar vermoë doen om jou boulery af te weer. Sy keer dan vir ’n vale vir haar wickets.

Sorry om dit te sê, maar dit klink nie of jy in ’n verhouding is nie. Nie dat ’n verhouding vry en seks moet bevat nie. Dit klink net soos iemand dié wat absoluut niks met jou te doen wil hê nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters