10 maande gelede
Afwesige baby-daddy kritiseer my – wie’s hý?
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 24.

Ek en die pa van my seuntjie, wat drie is, is nie meer saam nie.

Toe ek nog pregnant was, het die pa, R, gesê hy kan nie nou daddy speel nie, want hy moet dink aan sy studie.

Dit was sad, maar ek het dit so accept en my kind met die hulp van my ouers grootgemaak.

Ek het toe nie tyd vir enigiets anders gehad nie, nie eens vir my studie nie, wat ek opgegee het om na my kind om te sien.

Later het ek ’n werk in ’n klerewinkel gekry, en dís waar ek K ontmoet het.

Antie, romance was die laaste ding op my mind, want ek was nog baie seer oor wat R aan my gedoen het.

Dit was especially seer toe ek hom ná ons seuntjie se geboorte gewhatsapp het met die nuus, maar hy nie eens ge­respond het nie.

Dít was nadat ek gesien het hy het die message gelees.

Vandat ons ontmoet en begin saam werk het, het K dit clear gemaak dat hy my likes. Dit het hom nie gepla dat ek ’n kind het nie.

Dit het my baie lank gevat om hom te trust, maar ek het later besluit om hom ’n kans te gee. Vandag is ek nie spyt oor my decision nie.

Maar toe R uitvind ek en K is nou ’n couple, het hy skielik weer van hom laat hoor. Hy message my die ander dag dat ek ’n sleg ma is wat met ander mans wil jintoe en nie na ons kind wil kyk nie.

Maar dit is nie so nie: K is deel van my kind se lewe en help uit waar hy kan.

Hy het nie ’n probleem daarmee dat die baby saam met ons op outings gaan nie.

My kind is mal oor hom en ken nie eens sy regte pa nie, want dié het hom nog nie eens gesien of ’n pak kiembies se geld gestuur nie.

Nou wil hy my kom vertel hoe ek my lewe moet lei. Ek is baie ongelukkig oor hy my nou so sleg wil maak. C van B

Dit is nie aldag dat mens ’n ou kry wat bereid is om iemand anders se kind as sy eie groot te maak nie. Sulke ouens is skaarser as hoendertande.

Jou eks moet in sy dinges kruip. Hy was in die eerste plek te sleg om sy responsibilities as pa na te kom.

Sy studie was mos belangriker. Soseer dat hy geheel en al niks met julle baby te doen wou hê nie – én steeds nie na vore gekom het om sy deel by te dra nie.

Dis ouens soos hy wat mans ’n slegte naam gee. Dit klink asof jy ’n ou gekry het wat for keeps is. Hou dit so.

En hou jou kop omhoog, wetend dat jy glad nie ’n slegte ma is nie.

Laat die jaloesie jou sleggat-eks maar verteer van binne. Is dit ook nie hoeka tyd dat jy hom voor die hof sleep vir maintenance nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters