5 maande gelede
‘Afgeskeepte’ hubby jol vir dop, entjies, airtime
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is 23 jaar getroud. My man jol met ’n vrou wat baie jonger as hy is.

Sy is ’n baie slegte mens. Sy jol net met getroude mans.

Sy koop vir hulle drank, sigarette en airtime om haar te seks.

Antie, ek het al met my man gepraat, maar elke keer loop dit op ’n bakleiery uit.

Ons het drie groot kinders saam. Aan die begin het hy gestry en gesê ek is mal.

Maar toe ek hulle saam kry, het hy erken hy seks haar, want haar man is te oud om die ding te doen.

En die mooiste van als is, Antie, wanneer hy by my slaap, wil hy net seks.

Hy sê ek skeep hom af en dís waarom hy jol.

Die vrou het drie kinders van verskillende mans.

Die jongste kind se pa is ’n getroude man.

Maar my man wil net niks daarvan hoor om haar uit te los nie.

Ek weet nie meer wat om te maak nie.

Ons huwelik ly daaronder. Hoe kan hy van my verwag om nog by hom te slaap met al die dinge wat hy aanvang? En wat van die siektes? Gee raad, asseblief! – via WhatsApp

Ek verwonder my aan die vermetelheid van hierdie man om jou vir sy sleggeid te wil blameer.

Hý is die een wat na hierdie vrou hardloop, hý is die een wat vir drank en airtime val en hý is die een wat niks van jou, jul gesin en jul vows dink nie.

Aan die einde van die dag sal jy moet besluit of dit nog die moeite werd is om by só ’n man te bly.

Jy weet natuurlik jy hoef nie hierdie sleggeid te entertain nie.

Jy hoop seker in die stilte dat hy tot sy sinne sal kom, maar indien dit wel eendag sal gebeur, teen watter prys gaan dit kom?

En ja, niemand kan van jou verwag om steeds met hom te slaap en jou aan al wat ’n vleeslike siekte is, bloot te stel nie.

Dis nie jou skuld dat hy jol nie. Hy en hy alleen is vir sy dade verantwoordelik. En dit maak nie saak of hierdie vrou hom met drank of airtime omkoop nie, hy behoort van beter te weet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters