8 maande gelede
Abusive man baklei nou oor ons kind
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is die afgelope ses jaar in ’n verhouding met my kind se pa, maar voel niks meer vir hom nie. Hy abuse my emosioneel en ek wil terugtrek huis toe.

Maar hy sê ons kind gaan nêrens nie en hy gaan tot in die hof baklei.

Hy het geen bewyse dat ek ’n slegte ma is nie. Ek is ’n rustige persoon en rook en drink nie.

Ek spandeer al my tyd met ons kind. Ek wil net weet of hy die kind kan vat aangesien die kind sy van het, en ek nie op die oomblik werk nie. – via WhatsApp

As ma het jy regte waarby g’n werk of geld kan kom nie.

Laat hom dan maar tot in die hof baklei, soos wat hy heel dapper wil te kenne gee.

Hy wil vrees by jou inboesem dat jy as ’n werklose ma geen kat se kans in die hof sal staan nie.

Maar dit is bitter ver van die waarheid af.

Jy rig jouself en jou kind groter skade aan deur in hierdie abusive verhouding te bly. Die hof staan nie ongenaakbaar teenoor ’n werklose ouer nie.

Kry jou uit die verhouding en kry so gou moontlik ’n werk naby jou huis. Op daardie manier versterk jy jou saak vir custody.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters