6 dae gelede
Abusive dronk ou soek nou baba
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS S van W in MP, 21 jaar oud, en my boyfriend is 24.

Ons gaan al ses jaar uit en hy soek nou ’n baba.

Maar, Antie, ek voel ek is nog te jonk daarvoor.

Die ander ding is, hy drink hom naweke dronk en abuse my elke keer as hy dronk is.

Ek is al so bang vir hom as hy dronk is. Hy dink ook maar min van my en maak my sleg by sy vriende.

Hy is ook nie ernstig oor ons verhouding nie, want hy cheat met elke meisie wat hy like.

Antie, ek los hom elke keer. Ek is wel lief vir hom. – S van W in MP, WhatsApp

Liefie, dis tyd om eerlik met jouself te wees. Jy het mos nie vir Antie nodig om jou te vertel daar skuil niks goeds in hierdie klong nie, of hoe?

Hy bewys dit mos elke liewe naweek as hy dronk is en met jou onbeskof raak.

Géén man is ooit geregtig daarop om abusive met jou te wees en sy hande vir jou te lig nie. Wat moet hy nóg doen voordat jy besef jy verdien beter?

Wil jy dan eers hê hy moet van jou ’n emotional wreck maak en jou gesig so spoil sodat g’n ander man in jou belangstel nie?

Glo jy dan nie dat jy beter deserve nie? Dié ou smokkel sielkundig met jou kop en feelings.

Hy het jou seker ook al probeer wysmaak jy gaan nie beter as hy kry nie en dat g’n ander outjie in jou sal belangstel nie.

Maar glo jy hom? Glo jy regtig dat die scrap wat hy is die beste vir jou is?

Nee, Meisa, dis tyd dat jy in jouself begin glo. Ja, jy is beslis nog te jonk vir ’n kind.

En glo vir Antie: Jy wil jou nie vir altyd bind aan ’n ou wat g’n respek of liefde vir jou het nie.

Wat vir ’n pa gaan so ’n ou wees?

Maak dat jy so gou as moontlik uit hierdie verhouding kom!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters