14 dae gelede
Abuser boyfriend dink sy cheat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY BOYFRIEND dink ek cheat op hom, maar ek het dit nog nooit gedoen nie.

Die afgelope twee jaar bly ek hier by hom. Wanneer ek na my ma toe gaan en ek maak lank, dan stry hy saam my. Maar dan was ek net ’n uur by my ma.

Hy het my al geslaan en my hare uitgetrek ook. Hy noem my allerhande slegte name.

Ek het al my vriende gelos om saam hom te wees. Ek skeep ook my ma af om saam hom te wees.

Hy gebruik ook drugs. Hy vertel my sy vorige verhoudings was lekkerder as ons s’n. Als wat ek doen is verkeerd, maar ek is nog lief vir hom. – Desperaat, WhatsApp

Poplap, liefde se moer. Hierdie is nie liefde nie. Dalk van jou kant, maar beslis nie van sy kant af nie.

Hierdie ding abuse jou.

Hy alienate jou van diegene wat regtig lief is vir jou, sodat jy geen support base kan hê nie.

Vergeet van liefde, maak gebruik van common sense ek kom weg van hierdie skuim van die universe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters