Verlede maand
62-Jarige net 'n Sondag berk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 52 en my boyfriend 62 jaar oud.

Hy het meer tyd vir sy vriende as vir my.

Ons sien mekaar net naweke, maar dan maak hy nog altyd tyd vir sy vriende.

Saterdae kom tiep hy by my en Sondagoggende wil hy liefde maak.

Hy is baie opreg en cheat nie op my nie. Net dat hy so drink met sy vriende en dat ek dan nie bestaan nie, is wat my pla.

Ek het hom gesê ek gaan hom naweke nie meer sien nie totdat hy my weer begin waardeer en soos ’n vrou behandel.

En as hy vir my geld gee, skop sy 36-jarige dogter ’n bohaai op daaroor.

Ek wil niks meer van hom vat nie. Ek soek net respek en kommunikasie van hom af. – Afgeskeep

So, eintlik het jy net ’n Sondag berk wanneer hy ’n stukkie soek?

Vrou, baie male vind ’n mens dat so ’n man al so set in sy ways is dat dit moeilik is om hom te change.

Daai is sy roetine: Suip en rumoer met sy pelle deur die week; steek uit by jou op ’n Saterdag vir ’n Sondagoggend-ietsie.

Net tyd sal jou leer of dié man jou ultimatum kop toe vat en dat julle so ook sommer minder issues met sy dogter sal hê.

Vir jou part hoop ek hy beskou jou as meer as net ’n stukkie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters