12 dae gelede
60-jarige in die wolke oor haar vibrator
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS 60 en my seksdrange is nog baie sterk. Ek gebruik baiekeer die nat waslap om my af te laat koel.

My man het my gelos vir sy hoermeid en ons kinders is al getroud en uit die huis.

Ek het nou vir my ’n vibrator gekry, Antie, en ek is in die wolke.

Die eerste keer toe ek dit gebruik het, het dit gevoel soos naaldjies wat my druk. Ek vat nou ’n hele paar rondes met my vibrator. – Uitgesort, WhatsApp

Lekke, djy! Niemand kan jou hand meer in die as slaan nie. Jy slaan nou self die kitaar. Daar is niks in die lewe meer normaal as ’n gesonde verstand ... en sekslus nie.

Hoewel jou nuwe speelding nuttig is, hoop Antie jy maak ook tyd vir die ander dinge in die lewe wat plesier verskaf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters