Pool nie na SA om geboelie te word

akkreditasie
Só het Mariusz Wach Hughie Fury se gesig verniel.
Só het Mariusz Wach Hughie Fury se gesig verniel.
Getty Images

DIE groot Poolse swaargewigbokser Mariusz Wach kom nie Suid-Afrika toe om geboelie te word nie.

Dié reus van 2,02 meter (6 voet 8) boks op 17 September by Emperors Palace teen Suid-Afrika se opkomende hoop, Kevin Lerena.

As Lerena die geveg as ’n losmaker vir ’n groot pay cheque in die volgende paar maande beskou, kan dit hom duur te staan kom.

Wach kán hard slaan.

Daarvan getuig sy 19 uitklophoue in 44 gevegte.

En al het hy sy geveg in Desember 2020 in die Wembley Arena net-net teen Hughie Fury verloor, het hy die Brit se gesig flenters geslaan.

Erns

Omdat Lerena die groot Romeen Bogdan Dinu in Maart by Emperors Palace in die vierde ronde uitgeslaan het nadat hy vier keer op die krytvloer beland het, beteken dit nie hy gaan ook maklik met Wach afreken nie.

Lerena se kamp sal dus die geveg met groot erns moet benader en nie ’n oorwinning as vanselfsprekend aanvaar nie.

Nadat Wach in 2012 teen Wladimir Klitschko met punte om die wêreldtitel verloor het, het hy positief vir ’n verbode middel getoets.

Hy het daarna erken hy het oortree en is toe geskors.

Wach het egter gesê hy gaan sy loopbaan voortsit – ongeag die straf wat hom opgelê is.

Dit lyk dus of Wach enigiets sal doen om ’n sege te verseker.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees