KYK | Deon-Lee baas van spookhill

akkreditasie

DEON-LEE Hendricks het sy titel in die Spookhill-15 km-wedloop Saterdag in Somerset-Wes suksesvol verdedig.

Die 24-jarige van die Athletes Academy het die uitmergelende wedloop in 49 minute en 01 sekonde gehol.

Dit was slegs vyf sekondes stadiger as laas jaar se wentyd.

Hendricks se spanmaat by die Athletes Academy, Philani Sengce (51.20), was kort op sy hakke in die tweede plek.

Albei langasems word deur Elana Meyer, voormalige Olimpiese middelafstand-atleet, en haar man, Jacques Jansen van Rensburg, by die Athletes Academy in Stellenbosch afgerig.

Hulle het albei hakskene vir Gilbert Mutandiro (52.55) van Century City gewys.

Anel Terblanche (59.03) van Nedbank was die eerste vrou oor die eindstreep.

Hendricks sê hy het baie makliker as laas jaar gehardloop omdat hy vanjaar baie beter voorbereid was.

Deon-Lee Hendricks
TROTS: Deon-Lee Hendricks stap ook met die King of the Hill-toekenning weg.

“Ek oefen tans meer as 15 km per dag en berei tans voor vir groot wed­lope.

“Die weersomstandighede was ’n bietjie moeilik en ek kon dus nie tot my volle potensiaal hardloop nie.

“Ek het selfs na die groot bult probeer om elke kilometer bestendig te hardloop. Ná twee kilometer was ek op my eie.

“Die reën het my ’n bietjie teruggehou en ek het elke draai en bult baie versigtig benader.”

Volgens die boorling van Cloetesville beplan hy om ’n kwalifiseringstyd te hardloop sodat hy Suid-Afrika oor ’n maand in die cross-country champs kan verteenwoordig.

“Vandag was meer oefening vir my eerder as racing. Ek het baie teruggehou en elke oomblik van die wedloop geniet. Vir die eerste 2 km was Philani, my oefenmaat, saam met my.

“Ek het baie respek vir hom, want hy oefen baie hard, maar ná dit moes ek goodbye sê, want jy moet ook op jou eie kan hardloop as jy wedlope wil wen,” het Hendricks verduidelik.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees